DevisaMelk is 'n bestuursprogram vir melkboere. DevisaMelk is oorspronklik ontwikkel vir die DOS stelsel en is later oorgeskryf as 'n Microsoft Windows (R) program. In begin 2006 is die derde generasie van DevisaMelk vrygestel. Hierdie generasie hardloop van 'n Microsoft JET databasis. Dit het die voordeel dat meer as een gebruiker DevisaMelk op 'n slag kan gebruik met die data wat op 'n sentrale punt op die netwerk gestoor word. Dit het die verdere voordeel dat dit beter data stabiliteit verseker. DevisaMelk is al langer as sewe jaar in gebruik en het die volgende eienskappe:

  • Windows XP (Service Pack 3), Windows Vista, Windows 7 Versoenbaar
  • Engels en Afrikaans
  • Databanke vir Groepering van Huidige en Historiese Diere
  • Eenvoudige Uitleg en Gebruikersvriendelik
  • Een Skerm vir Alle Data
  • Reproduksie
  • Gesondheid
  • Produksie
  • Uit Data
  • Algemene Data
  • Laaste Produksies, Massas en Kondisiepunte
  • 2 Fotos van Dier
  • Dier Status (Kleur gekodeerd>
  • Hitte, Ge´nsemineerd, Dragtig, Droog, In Melk, Uit
  • 30 vooraf opgestelde Verslae & Grafieke
  • 6 Gebruikers Gedefinieerde Verslae
  • Kies self Kriteria waarvolgens Diere Geselekteer word.
  • Kies watter Inligting u van Geselekteerde Diere wil sien.
  • Elektroniese Vaslegging van Melkdata
  • Elektroniese Koppeling met Melkaantekeninge (IRIS)
  • Elektroniese Intrek van Voltooide Laktasie Inligting (Stamboek)
  • Langer as 7 Jaar in Gebruik
  • Nagenoeg 120 Huidige Gebruikers
  • Gebruikersondersteuning
  • Toegang tot Opgraderings
  • Koppeling met AlPro

  • DevisaMelk Hoof Skerm

    Devisa BK 2004, 05